In Vlaamse velde vol rooi rose
Onder kruise, ry op ry,
Lê ons verstom; ‘wyl hieronder
Die lied van larke hoog daarbo
Deur kanonne donder niemand hoor nie.
Ons, die Dooies,
Gister nog lewend in die oggenddou,
Droom in die aandgloed
Oor die liefde van ’n vrou,
Het vandag bloeiend
In die Vlaamse velde geval.
Neem die fakkel by ons oor
Dat ons sterwend na julle uitreik.
Beveg die vyand; bly gestand!
So nie, sou jy terugwyk,
Vind ons, die Dooies, hier geen rus
Al blom in die Vlaamse velde
Nog soveel rooi rose.
GKC 2020, taaladvies Alet Stone